Header Artwork
AfriForum se Brits-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Brits het op 1 Julie ’n aanlyn vergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende mense is tot die bestuur verkies: Werner Claassen (voorsitter), Thinus Reynecke (ondervoorsitter), Adel Breytenbach (sekretaris), Marius Kearns (tesourier), Willemien Barnard (plaaslikeregeringsake), Rudi Bosch (omgewingsake), Thys van Heerden (veiligheidsleier), Cobus Grobler (veiligheidsoperasies), Paul Grobler (veiligheidsteun), Stephan Roos (veiligheidsinligting).

“Baie dankie aan die vorige bestuur wat die ledetal in Brits byna verdubbel het in die afgelope 18 maande deur hoofsaaklik die veiligheidstruktuur uit te brei en te versterk. Die grondslag is nou gelê om ook ander projekte aan te pak. Veiligheid sal altyd ’n groot prioriteit bly in Brits en ek sien uit daarna om te sien watter suksesse die nuwe bestuur ook op dié gebied gaan behaal. Ek is vol vertroue dat die Brits-gemeenskap, onder die leiding van die nuwe bestuur, nou ook talle suksesse sal behaal in terme van plaaslike regering en omgewingsake. Die nuwe bestuur wil graag volhoubare selfdoenprojekte afskop om so die omgewing vir almal te verbeter,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Brits-tak: SMS “Brits” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN