Header Artwork
AfriForum se Coligny-tak reorganiseer bestuur

AfriForum se Coligny-tak het op 30 Junie hul bestaande bestuur gereorganiseer. Ds. Tewie Pieters, voormalige ondervoorsitter van die tak, het die leisels oorgeneem as takvoorsitter. Die nuwe takbestuur bestaan verder uit Frans Gerber (ondervoorsitter en gemeenskapsveiligheid), Gert Dooreward (tesourier), Ansie Cloete (sekretaris), Henk Myburg (omgewingsake), en Elize van Scharrel (projekte).

“Veiligheid sal altyd vir ons ’n baie groot prioriteit wees in Coligny. Naas veiligheid wil ons ook voortgaan om in te tree daar waar die munisipaliteit ons dorp in die steek laat. Ons gaan voort met ons volhoubare vullisverwydering in die hoofstraat van die dorp en beplan ook om ’n groter impak te maak op die herstel van ons dorp se paaie,” sê ds. Pieters.

“Ek sien uit daarna om in die toekoms saam met die nuwe bestuur te werk en om te bou op die goeie werk wat tot op hede gedoen is. Die takbestuur is nou reg gestruktureer om nog ’n groter impak in Coligny te maak,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Coligny-tak deur vir ds. Tewie Pieters te skakel by 078 611 2214 of SMS “Coligny” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN