Header Artwork
Forum Nuus: Die week se blitsflits

Deur Marthinus Koekemoer

AfriForum het vandeesweek ’n formele klag teen Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, en sy department by die Openbare Beskermer ingedien waarin ’n ondersoek na moontlike korrupsie en wanadministrasie versoek word.

Dié departement se eNatis-stelsel funksioneer steeds nie behoorlik nie en wetsgehoorsame burgers word gedwing om omkoopgeld te betaal net om afsprake te maak.

Asof dit nie erg genoeg is dat omkoopgeld, wat transaksies baie duurder maak, die norm by verskeie toetsstasies geword het nie, is daar ook in die week in die Staatskoerant aangekondig dat ’n verdere fooi van R250 oorweeg word net om ’n aanlynafspraak te maak. AfriForum het ’n webblad beskikbaar gestel waar die publiek teenkanting teen die idee te kenne kan gee. Besoek Stop lisensie-uitbuitery! – AfriForum om jou stem by te voeg.

Mbalulu ontken nou ten sterkste dat motorryers ekstra gaan moet opdok vir hul lisensies.

AfriForum het dringend vir antwoorde gevra oor die omstrede wyse waarop voormalige president Jacob Zuma op mediese parool vrygelaat is. In ’n brief wat aan Arthur Fraser, nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, gerig is, vra die burgerregtewaghond onder meer of Zuma aan ’n terminale siekte ly en indien nie op watter gronde hy vir mediese parool kwalifiseer. ’n Afskrif van sy mediese verslag en ’n afskrif van die parool aansoek is ook aangevra.

Twee nuwe kameras is onlangs in Malalane opgerig om te help om misdaad te bekamp. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga, sê die projek sal nog verder uitgebrei word en nog kameras sal mettertyd in gebruik geneem word.

Ná vandale twee stoptekens in Bethal verwoes het, het die plaaslike AfriForum-tak gou ingespring om nuwes op te rig. Die stoptekens is in Malherbestraat wat een van die besigste strate in die dorp is.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN