Header Artwork
AfriForum en Solidariteit ondersoek moontlikhede vir appèl in SAHPRA-saak

AfriForum en Solidariteit het vandag dringende instruksies aan hul regspanne gegee om ’n appèl-aansoek te ondersoek in verband met hul saak oor die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) se voorwaardes vir die goedkeuring van die Johnson & Johnson-entstof se aankope in Suid-Afrika.

Dit volg nadat die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vandag Solidariteit en AfriForum se aansoek weens ’n beweerde gebrek aan dringendheid van die rol geskrap het.

“Ons is uiters teleurgesteld en stomgeslaan deur vandag se uitspraak. Derhalwe neem ons volle vrymoedigheid om verdere aksies te loods met betrekking tot vandag se beslissing,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit. “Ons is in die middel van die derde golf en derduisende mense toets daagliks positief vir die virus terwyl ons inentingsprogram steeds klaaglik misluk. Hierdie is ’n saak van uiterse dringendheid. Trouens, dit is ’n saak van lewe en dood.”

“Die uitspraak is skokkend, maar hierdie noodsaaklike geveg is ver van verby. AfriForum en Solidariteit sal dié stryd om lewens te red voortsit en aanhou veg namens die publiek. Regdeur die inperking het die regering bewys dat korrupsie en onbevoegdheid hoogty vier wanneer hulle ’n monopolie het op COVID-19-verwante beleid en verpligtinge,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN