Header Artwork
Pres. Cyril Ramaphosa moet SOE-verslag oor Mkhize en Digital Vibes openbaar – AfriForum

AfriForum het vandag ’n beroep gedoen op president Cyril Ramaphosa om die verslag van die bevindinge van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor die betrokkenheid van minister Zweli Mkhize, minister van Gesondheid, by die Digital Vibes-korrupsieskandaal, onmiddellik bekend te maak. Volgens alle aanduidings is die verslag gister deur die SOE aan Ramaphosa oorhandig ingevolge ’n spertyd wat aan dié eenheid gestel is.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, moet Ramaphosa die publiek in sy vertroue neem en die verslag se bevindinge onmiddellik openbaarmaak. “Ons doen ’n dringende beroep op Ramaphosa om die bevindinge van die SOE-verslag bekend te maak. Die publiek is geregtig op antwoorde en ons is op hete kole om die uitslag en aanbevelings van die verslag te wete te kom,” sê Kruger.

“Belastingbetalers en die groter publiek word gebombardeer met een korrupsieskandaal na die ander. Nou is nie die tyd om die bevindinge van die SOE te probeer verswyg of versag nie. Deursigtige en dapper optrede is nodig van Ramaphosa om die regte ding te doen.

“Indien Mkhize geïmpliseer word in die korrupte optrede van Digital Vibes moet hy onmiddellik uit sy pos verwyder word en strafregtelik vervolg word. Belastingbetalers sal met niks minder tevrede wees nie,” sluit Kruger af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN