Header Artwork
AfriForum eis optrede deur Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oor rioolprobleem in Vanderbijlpark   

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 1 Julie ’n skrywe aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin die organisasie eis dat die munisipaliteit voor 16 Julie 2021 met ’n aksieplan vorendag kom om die voortslepende rioolprobleem in die dorp op te los.

’n Groot stuk veld langs Alex Roadhouse is oortrek met riool. Die riool vloei oor Barrageweg na Flora Gardens in die vlei in. Die rioolpyp wat deur dié stuk veld na die waterwerke loop is verstop, terwyl ’n stuk pyp wat die munisipaliteit vroeër verwyder het ook nooit vervang is nie. Ondernemings in die omgewing het die sloot intussen vergroot om te verhoed dat die riool nie in hulle winkels en kantore inloop nie en oor die algemeen hou hierdie gebied ’n gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in.

In die skrywe eis AfriForum onder meer dat die verstopte en gebreekte rioolpype herstel of vervang moet word, asook dat die gebied wat deur die riool besoedel is deur die munisipaliteit skoongemaak moet word.

“Besoedeling is ’n strafregtelike oortreding. AfriForum het in 2018 ’n saak by die Groen Skerpioene aanhangig gemaak en dit lyk asof nie eens dít genoeg is om die munisipaliteit sover te kry om iets aan die riool te doen nie. Daar moet drasties opgetree word,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN