Header Artwork
AfriForum tree toe tot Zuma-saak omdat toegewings gelykheid voor die reg skend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om voorbereidings te tref om as vriend van die hof (amicus curiae) toe te tree tot voormalige president Jacob Zuma se hofaansoek wat op 12 Julie 2021 in die Konstitusionele Hof aangehoor word, en uit te wys dat die spesiale behandeling wat mnr. Zuma tans van die hof ontvang, ’n skending is van die beginsel dat almal gelyk voor die reg hanteer moet word. Volgens AfriForum voldoen mnr. Zuma se aansoek om sy skuldigbevinding ter syde te stel nie aan die bepalings van reël 42 van die Eenvormige Hofreëls nie, aangesien sy afwesigheid tydens die verhoor weens sy eie toedoen was. Die organisasie is van mening dat dit uiters vreemd is dat die Konstitusionele Hof ingestem het om die saak aan te hoor.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sou ’n gewone landsburger geensins daarin kon slaag om dieselfde vergunning as mnr. Zuma voor die howe te kry nie. Dit is daarom in belang van elke gewone landsburger dat AfriForum toetree om standpunt in te neem ter beskerming van gelykheid voor die reg. “Waar die Konstitusionele Hof se aanvanklike uitspraak teen mnr. Zuma wyd geloof is as ’n oorwinning vir die beginsel van gelykheid voor die reg, het die jongste verwikkelinge ernstige skade aan die geloofwaardigheid van die regbank aangerig,” het Kriel bygevoeg.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN