Header Artwork
AfriForum maak Loskopdamkoppiemonument skoon

AfriForum het op 10 April die Loskopdamkoppiemonument herstel en geoudit. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale monumentoudit wat in Maart 2021 afgeskop het en jaarliks sal plaasvind. Die doelwit van die projek is om ons erfenis vir ons nageslagte te help bewaar.

Lede van AfriForum se Kranspoort- en Marble Hall-tak het saam met lede van die Vereniging vir Afrikanerweermagveterane van Groblersdal en Marble Hall gehelp om die projek te voltooi.

Die monument is skoongemaak en al die gras rondom is kortgesny en verwyder. Verder is die palissades ook oorgeverf. Daar is ’n bakkievrag vol vuilgoed en gras tydens die skoonmaakprojek verwyder.

Daar is ook oor die jare graffiti op die Loskopdam se damwal geverf wat die damwal ontsier. Lede het dié gedeelte van die wal grys geverf om die graffiti toe te maak.

Die Loskopdamkoppiemonument is opgerig ter ere van die werkers wat gehelp het om die damwal te bou. Hierdie dam ondersteun meer as 26 000 hektaar se boerderye en is ’n reuse-anker vir ekonomiese groei en vooruitgang in die omgewing.

Hierdie monument sal ook voortaan gereeld deur AfriForum se Kranspoort-tak skoongemaak en netjies gehou word.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n groener toekoms. SMS jou naam na 45350 (R1) en sluit aan by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN