Header Artwork
AfriForum vra deeglike ondersoek na Piet Retief-voorval

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n beroep op die publiek om kalm te bly en nie gevolgtrekkings oor die moordverdagtes in die Piet Retief-omgewing as die waarheid te versprei voordat ’n deeglike ondersoek nie gedoen is nie. Dit volg nadat vier verdagtes Vrydag in die Dirkieskop-omgewing in hegtenis geneem is en onder meer vir die moord op twee mans aangekla is.

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, sê dat daar uiteenlopende weergawes bestaan oor wat tydens die voorval gebeur het. “Emosies word nou opgestook sonder dat die feite bevestig is. Die feit dat twee mense dood is en een persoon in die hospitaal is moet betreur word, ongeag wat gebeur het. Daar is egter te min bevestigde inligting beskikbaar op grond waarvan gevolgtrekkings gemaak kan word oor wat tydens die voorval gebeur het. Die verskillende weergawes is ook so uiteenlopend dat dit onverantwoordelik is om sommer net gevolgtrekkings te maak en dit as die waarheid te publiseer voordat die nodige feite bekom is.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN