Header Artwork

Die man wat in 2017 glo ’n ongeluk veroorsaak het waarin die verloofdes Ruan Coen (26) en Jessika Kennedy (25) op die N4-snelweg naby Pretoria dood is, sal op 29 April op twee aanklagte van moord in die landdroshof in Pretoria verskyn. Dit volg nadat AfriForum se Privaatvervolgingseenheid by dié saak betrokke geraak het. Ursula Kors, Coen se ma, het in 2018 met adv. Gerrie Nel in aanraking gekom toe dit geblyk het dat die Silverton-polisiekantoor nie veel vordering met die ondersoek na die ongeluk maak nie. AfriForum se span moes die dossier van vooraf saamstel ná dit aan die lig gekom het dat die oorspronklike een by die polisiekantoor weggeraak het. Die nasionale vervolgingsgesag (NGV) kon met die nuwe dossier wel ’n saak teen die verdagte maak wat glo ten tyde van die ongeluk onder die invloed van alkohol en dwelms was. Kors sê sy en haar ander seun, Desmond, het die verdagte vergewe en dat hulle nie vergelding soek nie, maar tog wil sien dat reg en geregtigheid geskied.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN