Header Artwork
Wysigings aan gelykheid- en diskriminasiewetgewing

Die wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 (Engels: PEPUDA) sal verreikende gevolge vir alle Suid-Afrikaners inhou. Dit dring ook direk in teen die regte van kultuur- en geloofsgemeenskappe.

Die wetsontwerp sal onder meer ses belangrike gevolge hê:

  1. Die herdefiniëring van gelykheid en diskriminasie.
  2. Aanspreeklikheid gaan geskep word vir onbedoelde dade of versuim wat die waardigheid van ’n persoon aantas. Dus sal beweerde oortreders se bedoelings geen gewig dra nie – slegs klaers se bewerings dat daar teen hulle gediskrimineer is.
  3. Mense gaan aanspreeklik gehou kan word vir oortredings van dié Wet wat deur hul werkers, werknemers of agente uitgevoer word. Dit sluit diskriminasie, haatspraak en teistering in.
  4. Nieregeringsorganisasies, tradisionele leiers en instellings, en gemeenskapsorganisasies gaan onder ’n reeks verpligtinge geplaas word. Die uitvoerende gesag sal prosesse in plek stel om dié verpligtinge te reguleer.
  5. Die staat gaan ook alle wette, beleide, praktyke en strukture hersien wat nie aan die nuwe voorgestelde definisies van gelykheid en diskriminasie voldoen nie.
  6. Die wysigings sal die regering ook verplig om alle wette, kodes, strukture en belydsraamwerke te hersien in lyn met die nuwe definisie van gelykheid en diskriminasie.

Voeg jou naam hierby en dien die kommentaar namens jou in:

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN