Header Artwork
AfriForum se Helderbergkom-tak reorganiseer

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 22 Junie 2021 ’n vergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig, nomineer. Verskeie bekommernisse oor die gebied is ook tydens die reorganiseringsvergadering bespreek en die bestuur sal aandag aan hierdie probleme skenk.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Adv. Johan Crouse (voorsitter), Francois Nel (tesourier), Zelda Nel (sekretaris en jeug), Ben Cronje (gemeenskapsveiligheid) en Hans Nel (omgewingsake).

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie bedank, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die pasverkose bestuur is vuur en vlam om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur en hul gemeenskap te beveilig.”

Die takbestuur moedig die gemeenskap aan om vandag nog by dié tak betrokke te raak en deel te word van die oplossing: SMS “Helderbergkom” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN