Header Artwork
Vuurwapenamnestie: AfriForum verwelkom deurbraak

Vuurwapeneienaars met vuurwapens waarvan die lisensies verval het, kan ’n sug van verligting slaak nadat Bheki Cele, Minister van Polisie, gister in die parlement aangedui het dat hy dit as “billik” ag dat daar weer om ’n amnestieperiode aansoek gedoen word.

AfriForum verwelkom dié besluit veral nadat die organisasie se regspan op 3 Februarie 2021 ’n skrywe aan Cele gestuur het oor die impak wat die COVID-19-pandemie op die vuurwapenamnestieperiode gehad het, asook die feit dat sommige vuurwapeneienaars tydens die amnestietydperk by polisiekantore weggewys is.

In die skrywe word daar ook versoek dat geen vuurwapeneienaar, met ’n vervalde lisensie, vervolg word vir die onregmatige besit van ’n vuurwapen, hangende die aansoek vir ’n nuwe amnestieperiode nie.

“AfriForum hanteer baie navrae van bekommerde vuurwapeneienaars met vervalde lisensies wat weens 2020 en die begin van 2021 se ontberinge nie van die vuurwapenamnestieperiode gebruik kon maak nie. Hierdie soort vuurwapeneienaar is nie ’n misdadiger nie en wil juis graag net weer die geleentheid hê om deur ’n proses aan die regte kant van die wet te kom,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

“Ons sal nou aanhou om gereeld by die minister op te volg oor wanneer die aansoek vir die nuwe amnestieperiode gebring sal word,” sluit Kamfer af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN