Header Artwork
AfriForum-tak in Sasolburg woeker in die dorp

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Februarie voortgegaan om die dorp netjies en veilig te hou. Die tak het 30,2 ha gras gesny en 3,8 ha skoongemaak, wat ’n groot verskil in die dorp maak.

In dié maand het die tak gras gesny in die volgende areas: HF Verwoerd, Tharina-sentrum, die Wildkamp by Waterkant en Da Gama, Mosega, Magersfontein, De Wild, om die Hoёveldse Tuine, oorkant die NG Kerk Sentraal, Nuwekloof, die groenstrook by Mia’s Place, die Sasol-vulstasie, Totius, J.G. Strydom, Koebergstraat se groenstrook, President Swartlaan en die Roy Campbell-groenstrook. Die meeste van die areas se gras moes twee keer die maand gesny word weens die baie reën.

Die tak het ook handreiniger en skoonmaakmiddels in literbottels verpak en aan instansies versprei wat dit nodig het.

Die tak beleef tans groot hartseer met die skielike afsterwe van Jacques Struwig, ondervoorsitter van die AfriForum- tak in Sasolburg. Struwig se afsterwe laat ’n groot leemte in die takbestuur maar hy sal onthou word vir sy integriteit, vriendelikheid, hardwerkendheid en sy leierskap.

“Dit is verblydend dat daar al hoe meer lede van die gemeenskap toetree tot die opknapping van ons dorp. As ons egter werklik ’n wesenlike verskil wil maak, sal elke lid van die gemeenskap moet betrokke raak. Ons kan nie ons hoop op die munisipaliteit vestig nie,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN