Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak sny gras langs N17

AfriForum se Bethal-tak het op 2 Maart 2021 die gras teen die N17-hoofweg in Bethal gesny.

Hierdie projek word elke jaar deur die tak aangepak omdat die N17 die hoofingang na Bethal is. Die gras word glad nie deur die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gesny nie en die lang gras lei tot ’n onveilige omgewing.

Die lang gras maak dit ook maklik vir mense om hul rommel te strooi. Kaka-Lai se dienste is ingespan om teen die pad by die N17 Sasol skoon te maak. Daar word verder beplan om meer asblikke neer te sit om die probleem van rommelstrooiing aan te spreek.

“Ons sal aanhou baklei teen die verval van hierdie dorp en moedig mense aan om betrokke te raak en ons te help in die geveg,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.

Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN