Header Artwork
AfriForum-personeel sny gras in Monumentpark

AfriForum se personeel het op 3 Maart 2021 ’n aksie aangepak om die gras te sny in die Monumentpark-area. Dit volg na verskeie klagtes aan AfriForum gerig is oor die toestand van die gras en sypaadjies in hierdie omgewing.

Hierdie woongebied loop die laaste paar maande geweldig deur onder misdaad met huisbrake wat die meeste voorkom. Die misdadigers ontsnap vinnig deur die lang gras en dit is dan moeilik om hulle op te spoor. AfriForum het die projek aangepak in ’n poging om die misdaad in hierdie gebied te verminder en ook die gebied weer netjies en skoon te maak .

“AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan deur hierdie tipe projekte aan te pak om ‘n veiliger omgewing te skep. Die gemeenskap se dankbaarheid is ’n riem onder die hart en ons wil graag in die toekoms meer aksies soos hierdie saam met die gemeenskap aanpak. AfriForum sal aanhou om druk op die munisipaliteit uit te oefen om te verseker dat hulle hul pligte nakom,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid.

AfriForum wil graag die gemeenskap in die area uitnooi om meer betrokke te raak. Sluit aan by AfriForum en word deel van die oplossing. SMS jou naam na 32077

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN