Header Artwork
Thandi Modise: Twee getuies geroep; SANCO ontwrig hof

Thandi Modise, speaker in die parlement, se verhoor op aanklagtes van dieremishandeling het vandag in die Potchefstroomse Streekhof begin. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, vervolg Modise privaat namens die Nasionale Raad van Dierebeskermingsvereniging (NDBV). Modise het onskuldig gepleit op al ses klagtes van dieremishandeling.

Tydens die oggendreses het ’n verteenwoordiger van die South African National Civic Organisation (SANCO) egter die voortsetting van die verrigtinge vertraag deur die hof te ontwrig en te skree dat hy adv. Nel se neus wil breek. Volgens dié man is die vervolging van die speaker van die parlement vir die dood van varke ’n mors van tyd. Lede van die SAPD het die man egter uit die hof verwyder en voorkom dat die situasie vererger.

“Ons verwelkom die polisielede se vinnig optrede om die oproermaker te verwyder en die orde van die hof te handhaaf. Die privaatvervolgingseenheid is ook tevrede met die verloop van die hofverrigtinge vandag, asook die feit dat die verhoor uiteindelik vandag begin het aangesien die beweerde misdaad reeds in 2014 plaasgevind het,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Die vervolgingspan het vandag twee getuies geroep: adjudant-offisier Andrew Serame en Grace de Lange (van die plaasdierebeskermingseenheid van die NDBV).

De Lange het getuig dat dit een van die ergste gevalle van dieremishandeling is wat sy in haar loopbaan van byna 20 jaar teëgekom het. Sy het getuig dat sy gesien het hoe varke hul eie en mekaar se urine drink, want daar was geen water of kos nie. Ander varke het ook ’n sog wat geboorte gegee het bestorm en die werpsel onmiddellik ná die geboorte verslind. “Dit wys in watter desperate toestand die diere was. Meer as 250 diere het op Modise se plaas, Modderfontein, gely weens wanvoeding en die NDBV moes verskeie diere van kant maak omdat hulle in só swak toestand was.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN