Header Artwork
AfriForum se Randfontein-tak beveilig nóg mangate

Die AfriForum-tak in Randfontein het sedert hulle op 16 Junie 2020 ’n projek van stapel gestuur het om mangate in dié dorp te beveilig, ’n verdere nege mangate met nuwe deksels toegerus.

Die mangate se deksels het weens diefstal in die slag gebly en die oop gate is nie net ’n veiligheidsrisiko nie, maar veroorsaak ook heelwat probleme. Allerhande rommel word in die oop gate gestort, wat gevolglik veroorsaak dat die dorp se pype gereeld verstop is.

“Sedert die projek in Junie geloods is, het die tak nóg deksels laat maak om die mangate te beveilig. Dit is vir ons as tak ’n groot sukses om te kan sê dat daar van Junie af geen verstoppings was nie,” sê Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.

Die oop gate is ook ’n reuserisiko vir sowel gemeenskapslede wat daagliks daar verbyloop as vir kinders wat naby die gate speel. Die swaar betonblokke is op die mangate in Railway-, Du Toit- en Tierstraat geplaas, asook op die hoek van Greenhillslaan en Larkstraat.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak om ’n veilige toekoms vir elkeen te skep. Projekte soos hierdie is die boublokke van selfbestuur en ’n volhoubare toekoms,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Randfontein” na 45342 (R1) en word deel van die verskil.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN