Header Artwork
AfriForum se Margate-tak verwelkom verslag oor Ugu Distriksmunisipaliteit

AfriForum se Margate-tak verwelkom die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) in KwaZulu-Natal se verslag wat handel oor verskeie aantygings van korrupsie in die Ugu Distriksmunisipaliteit wat oopgevlek is.

Dié munisipaliteit het onlangs ’n kennisgewing uitgereik en aangekondig dat D.D. Naidoo, die huidige munisipale bestuurder, met onmiddellike effek geskors word nadat die Ugu-raad hom sewe dae gegun het om terugvoer te gee oor die aantygings teen hom.

“Ons is opgewonde oor die verslag en optrede aangesien die Ugu Distriksmunisipaliteit gebuk gaan onder swak dienslewering wat direk toegeskryf kan word aan swak bestuur en tenderprosesse wat nie reg gevolg word nie,” sê Cliff Holmes, voorsitter van AfriForum se Margate-tak.

“Ons sien daagliks hoe die infrastruktuur in KwaZulu-Natal agteruitgaan en AfriForum verwelkom die verslag en sal die optrede dophou. Ons sal verdere stappe oorweeg indien ons vermoed dat kaders beskerm word,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum se Margate-tak plaas gereeld druk op die Ugu Distriksmunisipaliteit en sal daarmee voortgaan. Inwoners wat enige inligting oor die munisipaliteit het, kan dit na eugene.vanaswegen@antiek.afriforum.co.za stuur.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45267 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN