Header Artwork

AfriForum gaan toetree tot die regsgeding oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se aansoek om die plaaslike verkiesing later vanjaar uit te stel. Die verkiesing is veronderstel om op 27 Oktober plaas te vind, maar die OVK het besluit, om op grond van ’n verslag wat dit aanvaar het, die hof te nader om die verkiesing tot nie later nie as Februarie 2022 uit te stel. Die rede vir die uitstel wat in die verslag aangevoer word, is die COVID-19-pandemie. Dr. Nkosazana Dlamini-Zumi, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het ondanks die OVK se aansoek voortgegaan om die verkiesing op 27 Oktober te proklameer. AfriForum meen die inwerkingstelling van die regte maatreëls maak dit moontlik dat die verkiesing veilig en binne die raamwerk van die Grondwet nog vanjaar kan voortgaan.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN