Header Artwork
Niks nuuts omtrent Ramaphosa se nuwe kabinet

Die burgerregteorganisasie AfriForum meen pres. Cyril Ramaphosa is besig om ’n gewoonte daarvan te maak om landsburgers teleur te stel. Volgens die organisasie toon Ramaphosa se keuses van ministers dat die publiek se belange die laaste ding is waaroor die president besorg is. Verskeie van die ministers is al in die verlede by ongerymdhede betrek, maar die feit dat Bheki Cele, Minister van Polisie, steeds in sy amp is, is onverklaarbaar.

Ná Cele se rampspoedige hantering van die geweld en plundery in KwaZulu-Natal moes hy onmiddellik afgedank geword het. Die Suid-Afrikaanse polisiediens verkrummel onder Cele se leiding, of eerder, tekort daarvan. 58 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor, maar Ramaphosa kies steeds om só ’n onbekwame persoon in een van die belangrikste ampte in sy kabinet te hê. Cele se grootste prioriteit blyk te wees om mense wat nie sosiale afstand handhaaf nie vas te trek, terwyl korrupsie en geweldsmisdaad hoogty vier.

Die keuse van Thandi Modise as nuwe Minister van Verdediging laat ook veel te wense oor. ’n Persoon wat nie eers verantwoordelikheid vir die diere op haar eie plaas kon neem nie, is nou verantwoordelik vir die land se verdediging.

“Die feit dat Ramaphosa nou die intelligensiediens onder die Minister in die Presidensie ingeskuif het, is ook ’n groot rooivlag. Die intelligensiediens is veronderstel om apolities te funksioneer, maar ’n mens kry die indruk dat Ramaphosa die intelligensiediens nou in ANC-faksiegevegte wil inspan. Ons weet hoe die diens deur die Zuma-administrasie misbruik is en ek is bevrees dat dit baie naïef sal wees om te dink Ramaphosa sal nie dieselfde doen nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

Die kabinetskommeling bewys net weer eens dat Ramaphosa en die ANC nie ’n duit omgee oor die man op straat nie, maar eerder net hul eie mag wil uitbrei.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN