Header Artwork
Forum Nuus: Die week se blitsflits

Deur Marthinus Koekemoer

Die (Groen)skrif was aan die muur en nou is dit nie meer nie, maar dit mag dalk weer wees.

Of so iets, as mens na Lindiwe Zulu, minister van Maatskaplike Ontwikkeling luister, oor die omstrede stuk wetgewing vir ’n nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid waarmee sy beoog om 8% tot 12% van werkendes se salaris op te eis.

Die groenskrif is wyd veroordeel deur AfriForum, Solidariteit en opposisiepartye. Zulu het dit egter op dieselfde dag as wat AfriForum se belastingmanifes bekendgestel is in die Staatskoerant teruggetrek.

Die doel met die manifes is om die regering te dwing om ‘n einde te bring aan wanbestuur, korrupsie en plundering van belastinggeld. “’n Verenigde front teen belastingmisbruik en volgehoue druk om verandering sal die ANC uiteindelik móét laat onderhandel oor AfriForum se eise,” sê Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum.

’n AfriForum-tak is vandeesweek op Sodwana gestig. “Ons is opgewonde om ons strukture in Sodwana uit te brei,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

V.l.n.r.: Emmse Burger (tesourier), Francois Burger (lid), Petro van Jaarsveld (sekretaris), Christo van Jaarsveld (voorsitter), Louis Olivier (ondervoorsitter) en Eugene van Aswegen (provinsiale koördineerder).

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het saam met lede van die Flamwood-buurtwag, inwoners en ondernemings, die oop terrein op die hoek van Dorah Temane- en Fannylaan opgeruim. Meer as 50 sakke rommel is daar opgetel en verwyder. Voorts is 25 sakkies teer gebruik om slaggate te vul.

’n Buurtwag is in Pearly Beach op die been gebring. Dit skakel in by die AfriForum-tak op Overstrand. Johardt van Heerden, AfriForum se distrikkoördineerder vir die Boland, sê dis belangrik dat gemeenskappe verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid neem.

In Oudtshoorn is gesondheidswerkers by staatsklinieke met ’n lekker bederfpakkie verras. Die pakkies het onder meer sjokolade en kitspakkies cappuccino ingesluit. “Ons wou graag op hierdie manier vir die gesondheidswerkers wys dat ons hulle waardeer,” sê Johan Conradie, takvoorsitter van AfriForum se tak in Oudtshoorn.

V.l.n.r. Johan Conradie (voorsitter van AfriForum se Oudtshoorn-tak), Jo-Anne Campher en Abraham Hendricks (albei werknemers van die Toekomsrus-kliniek).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN