deur AfriForum | Apr 9, 2021 | Veiligheid Mediaverklarings, Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom se 178 aktiewe lede het in Maartmaand meer as 10 000 km afgelê tydens patrollies. Meer as 1 400 ure is opgeoffer om inwoners, hul eiendom en gebiede in en om Potchefstroom veilig te hou. Verder het dié buurtwag op 12 Maart...
deur AfriForum | Apr 9, 2021 | Veiligheid Mediaverklarings, Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Op 9 April 2021 het AfriForum se Musina-buurtwag die polisie en plaaslike verkeersdepartement gehelp met ’n operasie om mense wat in die plaaslike poskantoor ingetrek het, te verwyder. Altesaam agt onwettige immigrante is tydens die operasie in hegtenis geneem....
deur AfriForum | Apr 9, 2021 | Onderwys- en leierskapsprojekte Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 8 en 9 April 2021 by die Laerskool Kwaggasrand besoek afgelê. Die veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam...
deur AfriForum | Apr 9, 2021 | Veiligheid Mediaverklarings, Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Bultfontein het op 1 April 2021 vyf verdagtes op ’n plaas wat aan die dorp grens in hegtenis geneem vir sowel poging tot veediefstal as diefstal. Die buurtwag is in kennis gestel dat daar ’n poging tot veediefstal op ’n plaas was, waarna...
deur AfriForum | Apr 8, 2021 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het tydens die Paasnaweek die dorp gepatrolleer en dele van die dorp skoongemaak. Die buurtwag het veral gefokus op Gamtoosstraat en die sirkel in Kowiestraat waar die gras so lank was dat padgebruikers nie die aankomende verkeer...
deur AfriForum | Apr 8, 2021 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Maart altesaam 48,5 ha gras op die dorp gesny en ’n gebied van 5,5 ha skoongemaak – ’n projek wat ’n groot verskil in die dorp gemaak het. Sommige van die gebiede waar gras gesny en opgeruim is, is onder meer die Tharina-sentrum,...