Header Artwork
AfriForum-buurtwag in Stilfontein maak dorp skoon tydens Paasnaweek

Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het tydens die Paasnaweek die dorp gepatrolleer en dele van die dorp skoongemaak.

Die buurtwag het veral gefokus op Gamtoosstraat en die sirkel in Kowiestraat waar die gras so lank was dat padgebruikers nie die aankomende verkeer kon sien nie. Die buurtwag het ook die boomtakke wat in die pad was gesnoei sodat die padtekens sigbaar is.

“Daar is verskillende aspekte van veiligheid en dit is verblydend dat hierdie buurtwag nie net die patrolliedeel doen nie maar ook inisiatief neem om die paaie te beveilig. As elke inwoner van Stilfontein betrokke raak, sal daar berge versit kan word en Stilfontein weer ‘n spogdorp word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Stilfontein” na 45351 (R1) om betrokke te

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN