Header Artwork
AfriForum se Sasolburg-tak sny 48,5 ha gras in Maart

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Maart altesaam 48,5 ha gras op die dorp gesny en ’n gebied van 5,5 ha skoongemaak – ’n projek wat ’n groot verskil in die dorp gemaak het.

Sommige van die gebiede waar gras gesny en opgeruim is, is onder meer die Tharina-sentrum, die Wildkamp by Waterkant en Da Gama, Mosega, Magersfontein, De Wild, Nuwekloof en die groenstrook by Mia’s Place.

Die AfriForum-buurtwag in Sasolburg is boonop aktief en het aan gereelde oorgrenspatrollies asook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Twee buurtwaglede het opleiding ontvang en sal nou hul kennis plaaslik kan toepas.

Volgens Johan Cooks, die voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, is dit verblydend dat al hoe meer lede van die gemeenskap bereid is om betrokke te raak by die tak se projekte.

“Stadig maar seker begin die gemeenskap besef dat selfdoen die enigste blywende oplossing is. Op hierdie manier sal Sasolburg weer die mooi dorp kan word wat dit was,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

André Vallentgoed, leier van AfriForum se Sasolburg-buurtwag, vra die gemeenskap om aan te sluit by die buurtwag sodat meer patrollies gery kan word. Skakel hom by 072 084 5641 indien jy belangstel.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN