Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Kwaggasrand   

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 8 en 9 April 2021 by die Laerskool Kwaggasrand besoek afgelê. Die veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Ons wil ook spesiaal dankie sê vir WIRED – Flip The Switch! wat hierdie geleentheid gereël het – dit is altyd ’n voorreg om saam met hulle te werk,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Bewusmaking rondom boeliegedrag is baie belangrik aangesien kinders nie altyd verstaan wat boelie is nie en wanneer gedrag of ’n reaksie as boelie gesien word nie. Kinders wat geboelie word, word baie keer self ook die boelie want dit is hoe hulle ’n uitlaatklep kry vir al die emosies waarmee hulle worstel. Om geboelie te word, het ’n geweldige invloed op ’n kind se fisiese en emosionele welstand. Daarom is ons dankbaar vir die verskil wat AfriForum in ons land se skole maak,” sê Careen Krige, onderwyseres by Laerskool Kwaggasrand.

“Skole het so ’n belangrike taak om kinders te leer om te onderskei tussen aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag, asook om ’n ruimte te skep waar leerders veilig en geborge by die skool kan voel. Leerders moet boeliegedrag verstaan en bemagtig word om op gepaste maniere daarteen op te tree. Dit is uiters noodsaaklik vir die gemeenskap: die skool, ouers en leerders om inligtingsessies oor boeliegedrag daar te stel. Skole moet fokus op gesonde konflikhantering, bou van goeie verhoudings, positiewe selfbeeld en ontwikkeling van sterk karaktereienskappe. Dit dra by tot die ontwikkeling van ’n algemeen gesonde leerder wat weer uitkring na die gesin en breër gemeenskap,” sê Hui-Mari Meyer, jeugspesialis van WIRED – Flip The Switch!.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN