deur AfriForum | Jul 27, 2021 | Mediaverklarings
Die burgerregteorganisasie AfriForum en die I can make a difference-doktersgroep doen ’n beroep op mediese dokters en die publiek om kennis te neem dat ivermektien steeds deur dokters voorgeskryf kan word vir COVID-19. Dit kom nadat die aanhoor van SAHPRA se aansoek...
deur AfriForum | Jul 27, 2021 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Springs-buurtwag het op Saterdag 24 Julie 2021 behoorlik hul harte oopgemaak in die koue weer. Na afloop van die buurtwag se sigbaarheid- en misdaadvoorkomingspatrollie het die buurtwaglede op eie inisiatief 25 komberse aan mense op straat uitgedeel vir...
deur AfriForum | Jul 26, 2021 | Mediaverklarings, Privaatvervolging Mediaverklarings
Die saak teen twee ouers wat op klagtes van kindermishandeling in hegtenis geneem is, het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria begin. Die ouers van die baba is in Augustus 2020 in hegtenis geneem nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Julie...
deur AfriForum | Jul 26, 2021 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in Lichtenburg het onlangs ’n petisie opgestel teen die gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Die organisasie versoek ’n aksieplan van die munisipaliteit met betrekking tot die verbetering van dié dorp se paaie. Die...
deur AfriForum | Jul 26, 2021 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus, Pietersburg, Naboomspruit, Nylstroom en Warmbad het op Saterdag 24 Julie in samewerking met die SAPD, Heritage Protection Group (HPG) en ander gehelp om drie verdagtes vas te trek wat op 21 Julie uit polisieaanhouding ontsnap...
deur AfriForum | Jul 26, 2021 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
AfriForum het ’n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien oor die gehalte van Kimberley se drinkwater. Dit volg nadat AfriForum verskeie klagtes van inwoners ontvang het nadat hulle al vir maande lank sukkel met probleme, onder meer dat die...