Header Artwork
Ivermektien is steeds op voorskrif beskikbaar vir COVID-19    

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die I can make a difference-doktersgroep doen ’n beroep op mediese dokters en die publiek om kennis te neem dat ivermektien steeds deur dokters voorgeskryf kan word vir COVID-19. Dit kom nadat die aanhoor van SAHPRA se aansoek om verlof tot appèl teen die eerste twee gedeeltes van die hofbevel van 7 April 2021 vandag voortgesit is. 

Die twee gedeeltes van die bevel waarteen SAHPRA wil appelleer bepaal dat SAHPRA driemaandeliks aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom ivermektien en dat enige party tot die aansoek deur middel van ’n kennisgewing van mosie en aanvullende verklarings die hof mag nader om regshulp in verband met die administrasie en toelating van ivermektien as ’n behandeling teen COVID-19. Dié gedeelte van die bevel het nie deel gevorm van die oorspronklike skikking wat tussen die partye ooreengekom is nie. 

Die ander gedeeltes van die hofbevel word nie deur die aansoek om verlof tot appèl geraak nie. Dié gedeeltes van die hofbevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA geregistreer is. Die gevolg van dié registrasie is dat ivermektien saamgestel mag word en toegang daartoe verkry kan word ingevolge die bepalings van artikel 14(4) van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965. Die bevel bepaal ook dat toegang tot ingevoerde ivermektien steeds ingevolge artikel 21 van die Wet mag plaasvind. 

Dit beteken dat ivermektien steeds vir ander gebruike as wat op die geregistreerde medisyne se etiket staan (off-label) deur dokters voorgeskryf kan word, wat die behandeling van COVID-19 insluit. 

“Die uitvoerende hoof van SAHPRA het baie verwarring veroorsaak met haar verwysings na beide ’n “aktiewe bestanddeel” en die “formulering” van ’n medisyne tydens SAHPRA se voorlegging voor die Parlement se Portefeuljekomitee oor Gesondheid. Toegang tot ivermektien ingevolge artikel 14(4) van die Wet is steeds moontlik en beteken prakties dat dokters ivermektien aan pasiënte kan voorskryf op eie oordeel en dat geen artikel 21-aansoek of -rapportering vir saamgestelde ivermektien nodig is nie,” sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum. 

“Met soveel propaganda en verkeerde inligting wat versprei word – doen ek ’n beroep op die Suid-Afrikaanse publiek om die tyd te neem om artikels volledig te lees en self navorsing te doen voor jy besluite neem oor jou liggaam en gesondheid. Kennis is mag – kyk na al die kante van die saak voor jy enige besluit neem oor die behandeling wat beskikbaar is vir COVID-19,” sê dokter Naseeba Kathrada, stigter van die I can make a difference-doktersgroep. 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN