Header Artwork
AfriForum se Lichtenburg-tak stel petisie op teen munisipale verval

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het onlangs ’n petisie opgestel teen die gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Die organisasie versoek ’n aksieplan van die munisipaliteit met betrekking tot die verbetering van dié dorp se paaie. Die tak lewer ook ’n pleidooi aan die publiek om hulle te ondersteun deur die petisie te onderteken en sodoende bogenoemde versoek te steun en die munisipaliteit tot aksie te dwing.

“AfriForum se Lichtenburg-tak het vanjaar ’n padherstelprojek van stapel gestuur waarby die munisipaliteit ook betrokke geraak het. Ons is dankbaar dat die munisipaliteit hande met ons gevat het tydens hierdie projek, maar daar is nog baie werk wat voorlê. Talle van Lichtenburg se paaie is steeds in ’n haglike toestand omdat dit soveel jare lank afgeskeep is. Aangesien die munisipaliteit tot aksie geroep is en tot ’n mate bewys het dat hulle wel oor die vermoë beskik om die paaie in stand te hou, wil ons hulle tot verantwoording roep om voort te gaan met die werk wat hulle saam met AfriForum begin het,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Help ons deur die petisie te onderteken by https://antiek.afriforum.co.za/munisipale-verval-in-lichtenburg/. Die petisielys sal aan die munisipale bestuurder oorhandig word om verdere druk toe te pas.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN