Header Artwork
Brande in Valhalla geblus danksy volgehoue druk deur AfriForum

Aanhoudende brande in Valhalla is onlangs geblus danksy volgehoude druk deur AfriForum op die Tshwane Metro. AfriForum se Centurion-tak het talle klagtes vanaf die gemeenskap ontvang rakende brande agter die Montague Kneen-park. Met verdere ondersoek kon daar vasgestel word dat vlamme van ’n veldbrand na bourommel en buitebande versprei het en daartoe gelei het dat dié vuur vir sowat 14 dae aangehou brand het.

AfriForum het die Tshwane Metro verskeie kere gekontak rakende dié brande en in korrespondensie geëis dat die brande onmiddellik geblus word en dat ’n plan opgestel word om soortgelyke brande in die toekoms te voorkom. Die burgerregteorganisasie bedank die Tshwane Metro, die plaaslike raadslid, inwoners en ander rolspelers wat gehelp het om die brande op 3 September 2021 te blus en die probleem tydelik op te los.

“Die brande en rook het ’n groot probleem vir inwoners in die area geraak. Daarom was dit vir AfriForum belangrik om die probleem so gou as moontlik aan te spreek en ’n werkbare oplossing te vind,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-gebied.

AfriForum sal aanhou om die situasie te moniteer en sien daarna uit om in die toekoms nouer saam met die metro te werk om die omgewing vir elke inwoner te verbeter. Die gemeenskap word uitgenooi om AfriForum se Centurion-tak se Facebook-blad dop te hou en om by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN