Header Artwork
AfriForum se Moreletapark-tak trek vyf verdagtes vas

AfriForum se Moreletapark-tak en Grootfontein-buurtwag het op 3 September 2021 in samewerking met verskeie ander rolspelers vyf verdagtes in die Grootfontein-area vasgetrek. Dit volg nadat die gebied die afgelope week onder huisbrake deurgeloop het.

In die laaste week was daar meer as ses inbrake waartydens onder meer hekmotors, fietse en gereedskap gesteel is. Patrollies in die area is opgeskerp om sigbaarheid te verhoog in ’n poging om die inbrake stop te sit.

Die vyf verdagtes is tussen die Rietvlei Natuurreservaat en Grootfontein-area opgemerk. Die verdagtes is op die Delmas-pad aangekeer waar hulle ondersoek is. Daar is op rugsakke afgekom wat toerusting bevat het wat moontlik gebruik is om inbrake uit te voer.

“AfriForum bedank elke buurtwaglid, SES en Bull Sekuriteit vir hul optrede en hulp in hierdie voorval. Dit is weer ’n bewys van wat ons kan bereik as ons almal hande vat en saam teen misdaad opstaan,” sê Dewald la Grange, voorsitter van AfriForum se Moreletapark-tak.

“Die inisiatief wat hier deur verskeie rolspelers gebruik is om mense te mobiliseer en saam misdaad te beveg, is weereens ’n bewys van wat gemeenskappe alles kan vermag as hulle saamstaan. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te ondersteun en te help om ’n beter omgewing vir elkeen te skep. Omdat misdaadstatistiek hoog is, is dit belangrik dat elke rolspeler saamwerk om misdaad suksesvol te bekamp,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-gebied.

Die tak wil die gemeenskap uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus die AfriForum-tak in Moreletapark se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan.

Raak vandag nog by AfriForum se Moreletapark-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Moreletapark” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN