Header Artwork
ANC moet instaan vir gesteelde Digital Vibes-bemarkingsgeld   

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag die onlangse verskoning van die Departement van Gesondheid by monde van dr. Nicholas Crisp dat die departement nie oor voldoende fondse beskik om die nasionale COVID-19-enstofveldtog te bemark nie, verwerp. AfriForum het voorts ’n beroep op die ANC gedoen om in te staan vir die bykans R150 miljoen se gesteelde fondse in die Digital Vibes-skandaal, sodat die nasionale kommunikasieveldtog kan voortgaan.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, is dit nie goed genoeg dat die ANC slegs sy skouers optrek nie. “Die ANC se voortdurende kondonering van korrupsie in eie geledere het die omstandighede geskep waarbinne Zweli Mkhize, die voormalige minister van Gesondheid, en sy netwerk van plunderaars fondse wat vir bemarking en kommunikasie in die nasionale COVID-pandemie geoormerk is, kon steel.”

Kruger verduidelik verder dat die presidensie AfriForum gister gevra het vir ’n 30 dae uitstelperiode met betrekking tot die verslag wat die spesiale ondersoekeenheid oor die Digital Vibes-korrupsieskandaal aan AfriForum moet lewer ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. “Die presidensie vra nog 30 dae om die sensitiewe inhoud met geïmpliseerde persone te bespreek voordat dit aan AfriForum gegee word. Ongelukkig is die verslag nou reeds bykans twee maande by die president en steeds is daar nie met hierdie geïmpliseerde persone geskakel of verdere stappe geneem nie. Dit is uiters kommerwekkend en ’n ooglopende manier om tyd te verspil en die inhoud van die verslag van die publiek weg te hou.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN