Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Somerset-Wes Laerskool   

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 18 Augustus 2021 by die Somerset-Wes Laerskool in die Wes-Kaap besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Boeliegedrag is ’n groot probleem onder kinders. Meeste kinders is nie vertroud met hoe om sulke gedrag te hanteer nie. AfriForum se leersame demonstrasie by Somerset-Wes Laerskool het die kinders handige vaardighede geleer om boelies effektief te hanteer. Matteus, hulle karakter, het die kinders se aandag gevestig gehou en die leerders het die demonstrasie baie geniet,” sê Aninke Korf, onderwyseres van die Somerset-Wes Laerskool.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN