AfriForum het vandag aangekondig dat dié organisasie voortgaan met regsaksie teen Rand Water nadat die gemeenskappe in die Govan Mbeki- en Victor Khanye Munisipaliteit reeds vir byna ’n week sonder water gelaat is, omdat Rand Water waterbeperkings toegepas het weens wanbetaling van dié munisipaliteite.
Ondanks die Govan Mbeki Munisipaliteit se tydelike hofbevel wat bepaal dat Rand Water nie waterbeperkings mag toepas nie, gaan die burgerregteorganisasie voort met regsaksie. Hierdie is ’n belangrike saak om te verhoed dat gemeenskappe se toegang tot water nie beperk word nie.
“Ons kan nie toelaat dat betalende gemeenskappe gestraf word as gevolg van wanbetaling van munisipaliteite nie en sal intree waar die munisipaliteit inwoners in die steek laat,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder.
Raak by AfriForum betrokke en ondersteun hierdie aksie: SMS “Water” na 45350 (R1) of teken die petisie hier.