Header Artwork
AfriForum verwelkom onskuldigbevinding van Coligny-2

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die feit dat Phillip Schutte en Pieter Doorewaard vandag onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hulle in die Appèlhof in Bloemfontein.

“Ons is baie dankbaar oor die onskuldigbevinding van Schutte en Doorewaard. AfriForum het van die begin af gesê die staat se enigste getuie het leuens vertel en daarom het die organisasie juis besluit om die twee mans se appèlaansoek te finansier. AfriForum het die volle koste van die appèlaansoek gedra omdat ons in hul onskuld geglo het en vandag het geregtigheid geskied,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Schutte en Doorewaard is vroeër deur regter Ronnie Hendricks aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu skuldig bevind. Hulle het daarna spesiale verlof gekry om direk by die Appèlhof in Bloemfontein teen hul skuldigbevinding te appelleer.

Die mans se regspan onder leiding van adv. Barry Roux (SC) het die Appèlhof suksesvol gepetisioneer om verlof tot appèl te kry nadat die Hooggeregshof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN