Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak skenk reinigers aan ouetehuis

AfriForum se tak in Bethal het op 26 November reinigers en skoonmaakmiddels aan die Silwerjare-ouetehuis geskenk.

Hierdie skenking vorm deel van ’n groter skenking wat deur ’n anonieme donateur aan AfriForum geskenk is om te versprei.

Die skenking wat aan die tehuis gemaak is, bestaan uit alkoholiese handreiniger, skoonmaakmiddels sowel as bleikmiddels ter waarde van R8 000.

“Hierdie items is van kardinale belang vir tehuise wat sukkel te midde van die COVID-19-pandemie. Handreinigers is duur en dit plaas ’n groot finansiële las op instansies soos dié. Daarom het AfriForum besluit om die skenking na Silwerjare te stuur,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Maak vandag nog ’n werklike verskil in jou gemeenskap deur by ’n plaaslike AfriForum-tak aan te sluit: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN