Header Artwork
AfriForum versoek hof om Minister van Finansies te beveel om enige SEB-entstofbeleid stop te sit

AfriForum het vandag hofstukke by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om te versoek dat die hof Tito Mboweni, die Minister van Finansies, beveel om sy diskresie ingevolge artikel 3 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid 5 van 2000 uit te oefen om alle staatsorgane wat goedere en dienste aankoop en verkoop wat met die entstofprogram verband hou, van alle Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-vereistes kwyt te skel. Die saak is op die hofrol geplaas vir 18 Mei 2021.

Dit is in die openbare belang dat die aanskaffing van entstowwe van SEB-vereistes gevrywaar word, want SEB maak eerstens die proses veel stadiger, en tweedens is daar prima facie-bewyse van verreikende korrupsie wanneer dit kom by die tender- en aanskaffingsprosesse.

“Daar is reeds in die verlede bewys dat SEB-beleide grootliks dien as ’n rookskerm vir korrupsie, kaderontplooiing en die verryking van persone met die regte politieke bande. As ’n mens die oorweldigende bewyse uit die verlede in ag neem, het die Minister van Finansies ’n plig om hierdie soort rasse-inmenging by entstowwe te verhoed,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN