Header Artwork
AfriForum: Tyd is ryp vir nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite   

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) se aankondiging dat slegs 5% van munisipaliteite in Suid-Afrika as stabiel bestempel kan word en meer as die helfte in ’n finansiële verknorsing is, beklemtoon volgens AfriForum ’n dringende behoefte aan ’n nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, is COGTA se aankondiging nie nuwe nuus nie. “COGTA se nuutste aankondigings verras ons nie, maar ons besef wel dat dit nou meer as ooit tyd is vir buitengewone ingrypings in munisipaliteite en vir ’n nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite. Dit sal verhoed dat munisipale dienslewering heeltemal in duie stort,” sê Kruger.

Volgens Kruger het AfriForum reeds omvattende voorstelle gemaak vir deelnemende bestuur binne ’n koöperatiewe model, wat belyn is met bestaande munisipale wetgewing. “Ons glo dat dit moontlik is vir rolspelers in gemeenskappe wat oor die nodige vaardighede, ervaring en positiewe ingesteldheid beskik, om saam met munisipaliteite te werk om stabilisering in munisipaliteite te bewerkstellig. Ons het hierdie omvattende voorstelle op verskeie geleenthede reeds aan die regering gestuur, maar geen reaksie daarop ontvang nie,” verduidelik Kruger.

Die onlangse verslag van Corruption Watch – wat bevind dat die meeste korrupsie in munisipaliteite in munisipale bestuurders se kantore en in verkrygingsafdelings plaasvind – beklemtoon die behoefte aan groter deursigtigheid en deelnemende bestuur in sekere kritiese areas in munisipaliteite. “Rolspelers in gemeenskappe se deelnemende bestuur binne ’n koöperatiewe model is krities noodsaaklik om toe te sien dat korrupsie hokgeslaan en uitgeroei word. Gemeenskappe kan nie langer staan en kyk hoe belasting geld geplunder word en geen dienste aan gemeenskappe gelewer word nie,” sluit Kruger af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN