Header Artwork
Benoni-buurtwag bestee byna 700 manure in Augustus aan patrollies

Die AfriForum-buurtwag in Benoni het in Augustus hard gewerk om die gemeenskap te beveilig, terwyl sowel die buurtwag as die tak op die dorp boonop beduidende groei getoon het.

Die buurtwag het in Augustus altesaam 7 795 km afgelê tydens patrollies wat 677 manure geneem het. Die patrolleerders het onder meer hulp verleen op vier motorongelukstonele, hulle het gehelp om drie vermiste persone op te spoor en hulle het gehelp om agt brande in die gebied te bestry.

Boonop het die tak in dié maand met 34 nuwe lede gegroei, waarvan 23 ook by die buurtwag aangesluit het as patrollielede. Al die nuwe en bestaande buurtwaglede het basiese opleiding ontvang om binne die raamwerk van die wet op te tree in verskillende situasies.

Die tak het ook op 21 Augustus ’n skoonmaak- en opknappingsprojek by die Benoni Child Welfare-sentrum voltooi. Tydens die projek is muurproppe herstel, gloeilampe is vervang en die aangrensende gebiede is skoongemaak deur bome en bosse te snoei.

“Hierdie is merkwaardige statistiek en ’n belangrike aanduiding dat dit ’n wenresep is om vry, veilig en voorspoedig in die Benoni-gemeenskap te kan woon,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Ungerer voeg by dat AfriForum se Benoni-tak en -buurtwag die suksesvolle groei, patrollies en projekte elke maand na hoër hoogtes sal neem en moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak.

Raak vandag nog by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: Stuur ’n e-pos na benoni@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN