Header Artwork
AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Boerefort   

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 12 en 13 April 2021 by die Laerskool Boerefort in Pretoria besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in. Sedert hierdie veldtog in 2017 afgeskop het, is daar by byna 100 skole besoek afgelê.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Leerders stap ook uit met die nodige kennis om die verskil tussen boeliegedrag en konflik te verstaan, asook die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem te leer ken en wat hulle kan doen om boeliebestand te wees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“AfriForum se teenboelieveldtog fokus op die boeliedriehoek of altans die driehoek van teistering, naamlik die boelie, die slagoffer en die omstanders en beoog om leerders in al drie hierdie kategorieë toe te rus met die nodige vaardighede en kennis om boeliegedrag te stop,” sê Bräsler.

AfriForum doen ’n beroep op ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Dit is jou werk as ouer om ’n oog oor jou kind te hou en na hulle te luister. Wees bewus! Dit is belangrik om na ons kinders se geestelike welstand om te sien. Hulle is immers die leiers van die toekoms.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelie-en selfdoodbewusmakingsveldtog besoek www.teenboelie.co.za en laai ons teenboeliegids gratis af vir meer inligting.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN