Header Artwork
AfriForum se Springs-tak en die Move One Milion-inisiatief verwyder meer as 240 sakke vullis

Die AfriForum-tak in Springs het op 10 April 2021 moue opgerol en by die Move One Million-inisiatief se skoonmaakprojek ingeskakel om dele van Springs op te ruim. Die twee organisasies het nagenoeg 243 swart sakke vol gemors in Sesde Straat en Agtste Laan Noord verwyder.

Hierdie projek is uiters belangrik in gemeenskappe omdat die plaaslike owerhede versuim om hul pligte uit te voer. Dit is gemeenskapsprojekte soos dié wat weer hoop gee aan ’n gemeenskap .

“AfriForum hoop dat die plaaslike munisipaliteit hierdie projekte sal raaksien en ’n daadwerklike poging sal aanwend om hul pligte teenoor die belastingbetalers na te kom,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Swart voeg by dat AfriForum se Springs-tak en organisasies soos Move One Million onverpoos werk om die dorp se algehele beeld te verbeter.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN