Header Artwork
AfriForum-buurtwag in Stilfontein voltooi werk aan Kowie-sirkel

Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het die afgelope naweek in samewerking met die VF Plus die werk aan die Kowie-sirkel, wat hulle tydens die Paasnaweek skoongemaak het, voltooi. Dié groot verkeersirkel en die omliggende sirkels se randstene is geverf en die sirkels is nou weer duidelik sigbaar, ook in die nag.

Die padmerkers wat eintlik glad nie meer bestaan het nie, is geverf en al die strepe op die paaie is nou sigbaar. Die Kowie-sirkel is beslis nou een van die veiligste verkeersirkels in Stilfontein.

“Dit is lekker om te sien dat die inwoners begin eienaarskap neem van hulle eie dorp. Die opknapping van dié belangrike verkeersirkel maak ’n groot verskil in Stilfontein. Hoe meer inwoners betrokke raak by die opknap van die ander sirkels, hoe meer sal daar gedoen kan word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Stilfontein” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN