Header Artwork
AfriForum veroordeel rassistiese samesweringsbewerings deur die Direkteur-generaal van Openbare Ondernemings, wat deur die Departement van Openbare Ondernemings gedeel is

AfriForum veroordeel die gemene bewerings deur Kgathatso Tlhakudi, die Direkteur-generaal van Openbare Ondernemings, verlede week in ’n meningstuk, wat deur die Departement van Openbare Ondernemings se amptelike Twitter-rekening (@DPE_ZA) gedeel is, oor wit SAL-vlieëniers en die Reguleringsooreenkoms met die SAL. Tlhakudi en die DOO se amptelike Twitter-rekening het wit lede van die Suid-Afrikaanse Lugdiensvlieëniersvereniging (SAAPA) aangeval en aangevoer dat “Wit SAL-vlieëniers ’n selfverrykende arbeidsooreenkoms uit die apartheidstyd wil voortsit”.

Daar moet daarop gelet word dat die Reguleringsooreenkoms nêrens van ras, agtergrond of kleur melding maak nie. AfriForum dring by Pravin Gordhan, die Minister van Openbare Ondernemings, daarop aan dat hy hom van hierdie rassistiese aanval deur die Direkteur-generaal en die Departement distansieer en dit laat terugtrek.

“Hierdie bewerings is gemaak onder die dekmantel van kritiek op die SAL se Reguleringsooreenkoms, maar in werklikheid was dit niks anders nie as ’n rassistiese, immorele aanval op wit vlieëniers op grond van hulle velkleur. Hierdie antiwit tirade deur ’n regeringsamptenaar en ’n amptelike regeringsrekening is verregaande. Dit toon die verdorwenheid van rasbehepte politici,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Minderheidsgroepe was histories nog altyd maklike sondebokke vir die korrupsie en tekortkominge van regerende partye en politici, en Tlhakudi se meningstuk en die Departement se plasings is juis dit: sameswering om ’n rasminderheid die sondebok te maak om die aandag van hulle eie mislukkings af te trek. Dit is onaanvaarbare optrede,” sê Van Zyl.

AfriForum hoop om binnekort ’n reaksie van die Minister van Openbare Ondernemings te sien, en dat Tlhakudi en die Departement hierdie rassistiese stellings sal terugtrek.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN