Header Artwork
AfriForum-tak in Springs vul slaggate

AfriForum se Springs-tak het op 22 Mei 2021 slaggate in verskeie strate in dié stad opgevul.

“Alhoewel slaggate ’n groot probleem in dié omgewing is, het AfriForum se Springs-tak besluit om minder afhanklik van die regering te wees en eerder selfonderhoudend te word. Dus het talle mense gehelp om slaggate op te vul,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Die tak het slaggate in die volgende strate opgevul:

  • Kitestraat in Daggafontein
  • v. Protea- en Madeliefiestraat in Edelweiss
  • Anemoonlaan in Edelweiss
  • Van Graanstraat in Casseldale
  • Mentzstraat in Casseldale
  • 7de Laan in Geduld

“Dit was harde werk maar AfriForum doen hierdie soort projekte vir die gemeenskap. Ons doen dit want ons dorp verval. AfriForum het lankal opgehou praat en begin doen,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum om ’n verskil in jou gemeenskap te maak. Om by dié tak aan te sluit, stuur ’n e-pos aan springs@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN