Header Artwork
AfriForum se Germiston-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Germiston het op 22 Mei 2021 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul. Dié tak het 103 sakke teer – ongeveer 2,5 ton – aangekoop vir hierdie projek.

Slaggate is in Kingfisherlaan, Wildesering-, Fulmar-, Raven-, Finch-, Frankcolin-, Waaiboomstraat en Guthrieweg gevul. Een van die slaggate wat gevul is was 2 m by 0,8 m groot.

“AfriForum loods hierdie projekte in gemeenskappe waar munisipaliteite versuim om hul pligte na te kom. AfriForum se Germiston-tak het beslis die spyker op die kop geslaan met hul slaggatprojek. Dit is die ware uitbeelding van wat ’n eenvoudige R50 per maand in ’n dorp kan beteken,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum wil graag lede van die gemeenskap aanmoedig om deel te word van die takke in hulle gemeenskappe om saam ’n daadwerklike verskil te kan maak. SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN