Header Artwork
AfriForum eis antwoorde van DIRCO oor Suid-Afrikaanse diplomaat se rekord van vernietigende gedrag

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis antwoorde rakende die vernietigende gedrag van adv. David Kweli Nkosi, ’n Suid-Afrikaanse diplomaat, oorsee. AfriForum se regspan het vandag ’n formele PAIA-versoek en aanmaningsbrief aan die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gestuur aangaande nuus dat Nkosi, wat na bewering skade van omtrent R714 000 in Augustus 2020 aan sy huurwoonstel in Wene agtergelaat het, ook nou van soortgelyke aantygings by sy vorige sending beskuldig word. Daar word berig dat Nkosi tot nou toe nie die R53 612 terugbetaal het vir skade aangegaan terwyl hy ’n diplomaat in Indië was nie.

AfriForum het vantevore ’n brief gestuur aan die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, en DIRCO rakende die Wene-insident, maar het nog geen antwoord ontvang nie.

“AfriForum glo ten sterkste dat die diplomaat mnr. Nkosi uit sy eie sak vir die skade moet betaal. Daar kan nie van Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag word om op te dok vir die voortgesette vernietigende optrede van ’n diplomaat nie. Mnr. Nkosi moet verantwoordelik gehou word vir sy onaanvaarbare optrede oorsee,” sê Ernst van Zyl, AfriForum se veldtogtebeampte vir strategie en inhoud.

AfriForum wag vir ’n spoedige antwoord van DIRCO.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN