Header Artwork
AfriForum se Krugersdorp-tak vul 400 slaggate   

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het in Mei as deel van dié organisasie se slaggatprojek talle slaggate in die dorp gevul.

Die projek is suksesvol in samewerking met die VF+ en ander vrywilligers in Krugersdorp aangepak. Tot op hede is 400 slaggate gevul, en sowat 10,5 ton teer en 250 liter bitumen is hiervoor gebruik. Die meeste slaggate is in Tarlton gevul – en sowat 115 slaggate slegs in Robert Broomweg!

“Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap eienaarskap neem en self inspring om ’n verskil in hul omgewing te maak,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Martin Lombard, voorsitter van AfriForum se Krugersdorp-tak, wil die 50 vrywilligers bedank vir hul hulp en bereidwilligheid om tyd aan hierdie projek af te staan. Lombard nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by projekte soos hierdie om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN