Header Artwork
AfriForum-tak in Lichtenburg en plaaslike ondernemings voltooi padherstelprojek    

AfriForum se Lichtenburg-tak het in samewerking met verskeie plaaslike ondernemings op 7 Julie herstelwerk aan Danielstraat voltooi. In totaal is ’n padoppervlak van ongeveer 225 m², wat voorheen onrybaar was, herstel. Sowat 24 ton teer is daarvoor gebruik. 

AfriForum het verskeie ondernemings in die omgewing genader om by hierdie projek betrokke te raak. NWK was die hoofborg, terwyl kosbare skenkings ook ontvang is van Ride-n-Shine Car Care Centre, Print Worx, Robsmail Motors, Uitkyk Vleismark, Swarico Afslaers en Ben Nel Transport. 

Na afloop van hierdie projek het ons tot dusvêr vanjaar 550 m² met 70 ton teer herstel. Die totale koste van die herstelwerk – wat deur AfriForum se Lichtenburg-tak gedra is en danksy groothartige skenkings van plaaslike ondernemings betaal kon word – beloop tot dusvêr sowat R200 000.  

“Ons wil ook graag die plaaslike munisipaliteit bedank wat toerusting en arbeid aan ons beskikbaar gestel het,” sê Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.  

“Almal is daarvan bewus dat groot maatskappye soos Clover uit Lichtenburg onttrek as gevolg van die swak infrastruktuur. Sulke skuiwe en ondernemings wat hulle deure moet sluit is noodlottig vir die plaaslike ekonomie en projekte soos hierdie veg teen absolute verval in die dorp. Die toestand van hierdie paaie hou ook ’n geweldige veiligheidsrisiko vir motoriste in,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN