Header Artwork
AfriForum en TKAG lewer kommentaar oor skaliegasregulasies

AfriForum en die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) het formele kommentaar by die Departement van Water en Sanitasie (DWS) ingedien oor die nuwe konsepregulasies rakende skaliegasboorwerk.

Die DWS is ook deur AfriForum in kennis gestel van ’n onreëlmatigheid met betrekking tot die uitstel van die kommentaarperiode, en versoek dat die kommentaarperiode heringestel moet word met ’n minimum periode van 60 dae soos per beste praktyk in kwessies van dié aard.

AfriForum se bestuurder van Omgewingsake, Lambert de Klerk, sê die burgerregteorganisasie en sy langtermynomgewingsvennoot, TKAG, sal voortgaan met hul opposisie teen skaliegasboorwerk in die Karoo.

“Hierdie nuwe konsepregulasies, en die proses om skaliegas te myn wat deur die regulasies ondersteun word, sal water in wese bedreig, eerder as dit beskerm – en na ons mening werk dit teen die mandaat en plig van die DWS – wat daar is om Suid-Afrika se waterhulpbronne te beskerm. In ons formele kommentaar gelees saam met die tegniese bekommernisse geopper deur die TKAG het ons voorgelê dat die voorgestelde watergebruikregulasies in sy geheel onttrek moet word,” het De Klerk gesê.

Jonathan Deal, HUB van TKAG het gesê dat die groep suksesvol met die regering saamwerk rakende die regulasies, waarvan die mees onlangse die eenparige besluit in die Hoogste Hof van Appèl (SCA) teen die Departement van Minerale is. ”Na ons mening is dit kortsigtig om ’n stel tegniese regulasies met ’n periode van 30 dae vir openbare kommentaar aan die gang te sit. Om dit in die middel van ’n ramptoestand te doen, met meer inperkingsregulasies wat voorlê, toon hoogstens ’n roekelose arrogansie rondom behoorlike openbare konsultasie en soos AfriForum gesê het dit kom voor asof die plig van die DWS om die kosbare waterhulpbronne te beskerm, geïgnoreer word.”

De Klerk het besorgde burgers aangemoedig om op te staan vir hulle reg tot ’n skoon en gesonde omgewing deur AfriForum se petisie teen alle hidrobreking te onderteken: https://antiek.afriforum.co.za/petisie-teen-hidrobreking-fracking-2/

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN