Header Artwork
AfriForum stel sy veg-en-bou-plan bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy sewe strategiese doelwitte in die vorm van ’n veg-en-bou-plan bekendgestel. Hierdie doelwitte is aanduidend van AfriForum se prioriteite en kernfokuspunte in 2021 en die tyd wat voorlê. Daarmee saam stel AfriForum ook vandag MD Greyling se lied, “Veg en Bou”, bekend.

“AfriForum se visie is om ’n toekoms te skep waar Afrikaners vry, veilig en voorspoedig hier aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan, in vreedsame naasbestaan en met wedersydse erkenning en respek,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

“AfriForum se missie bepaal hoe ons van voorneme is om hierdie visie te bereik. Dit staan breedweg op twee bene. Eerstens wil ons die bestaande werklikhede op ’n sinvolle manier beïnvloed. Tweedens wil ons nuwe ‘werklikhede’ skep deur selfstandige gemeenskappe en sterk gemeenskapsinstellings te bou en ondersteun. Hierdie plan kan in twee eenvoudige woorde opgesom word: ‘veg’ en ‘bou’.”

AfriForum se veg-en-bou-plan staan op vyf oorhoofse kernfokuspunte, naamlik:

  1. Veiligheid
  2. Selfstandigheid
  3. Geregtigheid
  4. Identiteit
  5. Organisasiebou

Die sewe strategiese doelwitte wat uit hierdie vyf kernfokuspunte spruit, is die volgende:

  1. Die bevordering van selfbestuur
  2. Die vestiging van AfriForum as grondvlakbeweging
  3. Die bevordering van gemeenskapsdenke
  4. Die internasionalisering van Afrikaners se stryd
  5. Posisionering in die hoofstroom
  6. Die besieling van Afrikaners
  7. Organisasiedoeltreffendheid

Lees die volledige veg-en-bou-plan hier.

Kyk hier na die musiekvideo van MD Greyling se lied, “Veg en Bou”.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN